Klubrugby: Bloed spat en vuiste klap

Netwerk24 Video 15. Juli 2015 0 Aufrufe

Beschreibung

“Ons het vir ons lewe gevlug,” sê Jeremy Nel, voorsitter van die Oos-Rand Polisie-rugbyklub, nadat ’n wedstryd tussen hulle en die Eden Park-rugbyklub Saterdag in chaos ontaard het.
Volgens Nel was die gemoedere tussen die twee spanne hoog vandat die fluitjie geblaas het. Daar was glo talle voorvalle in die wedstryd, totdat dit uiteindelik in die tweede helfte deur die skeidsregter gestop is.